|
Ondier(-e), monster, onding, onmens, redelose
dier... Juta se Sakwoordeboek 1937. Alles beskrywings wat ONDIER
soos ‘n nr 12 voet in ‘n nr 8 Northstar tekkie druk! Alles
behalwe wat en wie ons regtig is! Die naam het gekom in ‘n droom, ‘n
verskynsel of wat jy dit ook al wil noem. Dis catchy en
oorspronklik, dis Afrikaans. Ons is vegters en voorstaanders vir
Afrikaans, die taal èn die musiek. Ons is die rebellie teen
verengelsing, backtracks, Afrikaanse doef-doef, en enige vorm van
misbruik van ons taal. Ons glo aan die hemelblou lug, die reuk van
die see, vreugdevure(bonfires), allemintige groot berge en die soet
van Ons Vir Jou Suid-Afrika! Ons is patrioties en kampvegters. Ons
is die ONDIERE wat die bedreigings rondom Afikaans verslind!
Ondier het basies die lig gesien in 2000n.C. toe
Erich Landsberg besluit het hy wil ‘n Afrikaanse Rock Band begin na
‘n paar maande se “roady werk” vir Piet Botha. In die heel begin was
dit maar ‘n solo act tot hy vir Wynand Louw ontmoet het. Met altwee
op vocals en rhytm, bekfluitjie en lead guitar het die twee die
nimmereindigende tog aangepak.In 2001 het Steven Pozyn en Arthur
Kuhn bygekom en Ondier het ‘n trotse 4pc band geword.
Wynand het
egter agv werksomstandighede / geleenthede die band vaarwel
toegeroep in Augustus 2005 toe hy Port Shepstone toe getrek het. En in Maart 2006 het Arthur ook onder die druk van kunstenaar wees gesneuwel.
Ons nuutste toevoeging tot Ondier is Maurice Kurpershoek, die nuwe Peperdier wat die dromme peper met passie en vuur.
Ondier doen nou hoofsaaklik oorspronklike musiek wat deur Erich
geskryf en gekomponeer word. Ondier is dus nou ‘n 3pc band met
Rhytm & Lead, Harmonica, Bass Guitar en Dromme.
Die musiekstyl wissel tussen rock, blues, ballads en
het ‘n sagte dog alternatiewe backbeat. Ons verval ook maar hier
en daar in die crowd pleazers.( Dis nou covers van ander baie baie
bekende ryk afrikaanse musikante.) Ondier is gatskop Afrikaans vir
oud en jonk, mooi en lelik, krom en reguit, dom en stom, puris en
aktivis. Elke liedjie bestaan uit ‘n ligte tikkie humor,
lewenslessie of lewenswaarheid wat geskryf is om beter mense
van ons fans en fannies te maak.
Ondier is hier...
|